Werkers moet nie blameer word vir die mislukkings van munisipaliteite nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 22 hours ago
- 1 min read
Volgens die Staatsamptenarevereniging moet staatsamptenare nie blameer word vir sistemiese mislukkings in munisipaliteite nie.
Die vakbond is van mening dat die mislukkings die gevolg is van swak leierskap en politieke inmenging.
Dit het skok uitgespreek ná verslae wat wys dat munisipaliteite in die land die afgelope vier jaar 145-miljard rand in onreëlmatige uitgawes aangegaan het.
Volgens die vakbond se Claude Naiker is daar ’n behoefte om professionaliteit in munisipaliteite te herstel.








Comments