ActionSA beoog strafregtelike klagte teen minister van Justisie

Oct 1, 2024
1 min read
ActionSA sal Dindsdag strafregtelike klagte teen die minister van Justisie, Thembi Simelane, by die Polokwane-polisiestasie lê. Die party beweer oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite. Die bewerings kom ná onthullings dat Simelane ‘n lening van R500-miljoen by Gundo Wealth Solutions aangevra het tydens haar ampstermyn as burgemeester van Polokwane. ActionSA sê Simelane moet haarself dan verdedig.








Comments