ActionSA bevraagteken die polisie se dissiplinêre proses in die Phala Phala-saak
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 days ago
- 1 min read
ActionSA kritiseer die Suid-Afrikaanse Polisiediens nadat twee senior amptenare van die Presidensiële Beskermingsdiens wat by die Phala Phala-saak geïmpliseer is, in interne dissiplinêre verrigtinge vrygespreek is.
Die party sê die amptenare is onskuldig bevind ten spyte van aanbevelings van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) dat dissiplinêre stappe geneem moet word.
ActionSA se Lerato Ngobeni sê die uitslag wek ernstige kommer oor die geloofwaardigheid van die polisiediens se interne dissiplinêre stelsels, veral in polities sensitiewe sake.








Comments