ActionSA gee die RNE ‘n druippunt ná twee jaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 23 minutes ago
- 1 min read
ActionSA het die Regering van Nasionale Eenheid, oftewel die RNE, 'n druippunt gegee twee jaar nadat die koalisieregering tot stand gekom het.
Volgens Eye Witness News sê die party die regering het swak gevaar op gebiede soos etiese leierskap, ekonomiese groei, wetstoepassing en dienslewering.
ActionSA-leier Herman Mashaba en ander parlementslede het vroeër vandag 'n oorsig van die regering se prestasie bekend gemaak.
Die party voer aan dat swak leierskap een van die grootste probleme binne die RNE geword het.
ActionSA voeg by die tienparty-koalisie het op verskeie terreine nie aan verwagtinge voldoen nie en dat aanspreeklikheid steeds afneem.








Comments