top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ActionSA lê kriminele klagte teen Ramaphosa in

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 13
  • 1 min read

ActionSA sê hulle gaan Dinsdag formeel kriminele klagte teen president Cyril Ramaphosa aanhangig maak oor bewerings wat verband hou met die Phala Phala-plaasroof.


Die party beweer dat die gesteelde bedrag minstens R15 miljoen was, meer as voorheen gerapporteerde syfers. ActionSA sê die aanklagte sal beweerde oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite insluit, sowel as bedrog en meineed.


ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê hulle sal voortgaan om aanspreeklikheid deur alle beskikbare grondwetlike meganismes na te streef om te verseker dat niemand, insluitend die president, verhewe bo die wet is nie.


LUISTER HIER:


Michael Beaumont

Michael Beaumont. FOTO: Facebook
Michael Beaumont. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page