ActionSA versoek afdanking van meer meer adjunkministers
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27, 2025
- 1 min read
ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip, het president Cyril Ramaphosa versoek om meer adjunkministers af te dank.
Ramaphosa het Andrew Whitfield gister as die adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging verwyder.
Rosestad-nuus het vroeër berig volgens Whitfield het Ramaphosa nie aan hom ‘n rede vir sy afdanking gegee nie.
LEES MEER: Andrew Whitfield se afdanking
Volgens ActionSA moet ander adjunkministers ook afgedank word om die grootte van die kabinet te verminder, wat hulle glo opgeblaas is.
Trollip het in ‘n onderhoud aan Newzroom Afrika gesê dat daar iets baie meer onheilspellends aan Whitfield se verwydering verbonde is.
Hy sê Whitfield se ontslag kan gekoppel wees aan die werk wat hy in die portefeulje gedoen het, veral die vrae wat hy oor ‘n lotto-kontrak gevra het.
LUISTER:







Comments