top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ActionSA versoek 'n ondersoek na Tony Leon se firma

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 3
1 min read

ActionSA het aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, geskryf en ’n ondersoek aangevra na bewerings rakende die voormalige DA-leier Tony Leon se firma.


Die party beweer dat Resolve Communications moontlik vergaderings tussen regeringsamptenare en private kliënte oor openbare beleidsaangeleenthede gefasiliteer het.


ActionSA se Lerato Ngobeni sê die party het reeds ’n klag by die Openbare Beskermer ingedien en ’n ondersoek na die saak versoek. Sy sê die parlement het ’n grondwetlike plig om die feite oor die saak vas te stel, en waarsku dat Suid-Afrika nie nóg ’n era van staatskaping kan bekostig nie.


LUISTER HIER:


Lerato Ngobeni

Tony Leon. FOTO: News24
Tony Leon. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page