ActionSA verwerp die Gesondheidsdepartement se NGV-standpunt
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
ActionSA het die Gesondheidsdepartement se bewering verwerp dat die Konstitusionele Hof se uitspraak teen dele van die Nasionale Gesondheidswet geen impak op die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-stelsel het nie.
Die party sê die departement het voorheen in die hof aangevoer dat die ongeldig verklaarde artikels ’n sentrale pilaar van die implementering van NGV was.
ActionSA se Kgosi Letlape sê die uitspraak bevestig kommer oor oormatige magte wat aan die minister van Gesondheid verleen is, en doen ’n beroep dat die NGV-wet gestaak en terug na die parlement gestuur word vir hersiening.
LUISTER HIER:
Kgosi Letlape








Comments