top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ActionSA vra dat Capitec ondersoek word oor sy vennootskap met Binnelandse Sake

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

ActionSA-leier Herman Mashaba het gevra dat Capitec ondersoek word oor wat hy as ’n belangebotsing beskryf. Hy het verwys na ’n video waarin die vennootskap tussen Capitec en die Departement van Binnelandse Sake bespreek word. Die departement word deur die DA-minister Leon Schreiber gelei.


Capitec het in 2026 sy Smart ID-diens en selfhelpterminale vir paspoort-aansoeke by banktakke bekendgestel in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake.


Newsday berig Mashaba sê egter volgens die video bied Capitec meer gevorderde dienste as ander banke, en dat kliënte vir Smart ID- en paspoortaansoeke moet betaal.


Die video bevraagteken waarheen dié geld gaan en of dit nie eerder gebruik moes word om die departement se stelsels op te gradeer nie.


Mashaba het die video gebruik om daarop te wys dat die medestigter van Capitec, Michiel le Roux, die DA se grootste skenker is.


Hy vra die ANC-leierskap om hierdie beweerde direkte belangebotsing dringend te ondersoek.


Ter illustrasie. FOTO: Capitec
Ter illustrasie. FOTO: Capitec

 
 
 

Comments


bottom of page