top of page

ActionSociety soek antwoorde ná 'n kinderverkragtingsaak laat vaar is

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die burgerregteorganisasie ActionSociety het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om dringende antwoorde genader nadat ʼn verkragtingsaak, waarby ʼn vierjarige meisie betrokke is, onverwags laat vaar is.


Maroela Media berig die saak sou vandeesweek begin maar is skielik, sonder enige verduideliking aan die familie, teruggetrek nét toe die verhoor moes begin. Die beskuldigde is ʼn bejaarde vervoerbestuurder. ʼn Mediese ondersoek het beserings bevestig wat ooreenstem met die kind se weergawe van die gebeure.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die hoof van ActionSociety se aksiesentrum in die Wes-Kaap, Kaylynn Palm, sê sy sal nie hierdie besluit gelate aanvaar nie.


LUISTER:


Ilde Roos

 

TRANSKRIPSIE:


Sy sê hoewel die regering geweld teen vroue en kinders as ʼn nasionale ramp afgekondig het, dit in die praktyk min beteken. Sy sê as die regstelsel nie eens ʼn saak kan deurvoer waar daar mediese bewyse van die verkragting van ʼn vierjarige is nie, moet 'n mens vra wat van die staat se beloftes geword het.


Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT
Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT

 
 
 

Comments


bottom of page