Adams is tydelik geskors nadat hy persoonlike inligting deel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 5
- 1 min read
Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het sy parlementêre skorsing van 20 dae begin uitdien.
Volgens 'n verklaring van die parlement is Adams geskors nadat hy die persoonlike inligting van personeel van die DA op sosiale media gepubliseer het.
Die skorsing, wat Maandag in werking getree het, sluit ook die verlies van sy salaris vir dieselfde tydperk in.
Die parlement sê Adams se afwesigheid van Woensdag se vergadering van die afsettingskomitee hou nie verband met sy onlangse inhegtenisneming of sy komende verskyning voor die Madlanga-kommissie van ondersoek nie.








Comments