top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Adjunkminister Andries Nel open ʼn seksuele misdrywe hof by Mthatha

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 8, 2024
1 min read

As deel van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog, sal die Adjunkminister van Justisie, Andries Nel, die Seksuele Misdrywe Hof amptelik open. Volgens hul mediaverklaring sal die gemeenskapsbyeenkoms op Maandag 9 Desember by Mthatha in die Oos-Kaap gehou word. Howe vir seksuele misdrywe verskaf gespesialiseerde, slagoffer-gesentreerde ondersteuningsdienste. Daar is ook 'n tweerigting geslote-kring televisiestelsel in die howe vir seksuele misdrywe, wat onder meer 'n getuie toelaat om 'n beskuldigde vanuit die private getuieniskamer te identifiseer en sodoende die sekondêre viktimisasie te verminder. Die bekendstelling van die Mthatha-hof vir seksuele misdrywe sal gevolg word deur 'n gemeenskapsbyeenkoms wat deur die adjunkminister by die OR Tambo-saal aangebied word. Toesprake sal fokus op geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-verwante kwessies.

 
 
 

Comments


bottom of page