Afgevaardigdes gaan die misverstande oor Suid-Afrika gaan aanspreek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 14, 2025
- 1 min read
Die Presidensie het reeds begin beplan aan die afvaardiging wat na die VSA toe moet gaan om misverstande oor Suid-Afrika te gaan bespreek. Die Presidensie sê dit het na onder andere die landbouorganisasie AgriSA uitgereik om deel te wees van sy afvaardiging. Daar word verwag dat van die DA-ministers in die kabinet van die regering van nasionale eenheid ook saam na Washington toe sal gaan. Die IVP is ook gekonsulteer, maar luidens berigte is die minister van Korrektiewe Dienste en die leier van die VF Plus, doktor Pieter Groenewald nog nie genader nie. Die Presidensie het wel nog geen amptelike aankondiging oor die afvaardiging gemaak nie.







Comments