top of page

Afperser sal bewyse teen ‘n Bloemfonteinse vrou 'laat verdwyn'

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 9
  • 1 min read

‘n Vermeende afperser, wat homself as ‘n lid van die polisie voorgedoen het, sê hy sal vir R2 500 bewyse teen ‘n Bloemfonteinse vrou laat verdwyn. Volgens Netwerk24 het die vrou, wat vir beweerde dronkbestuur inhegtenis geneem is, die oproep opgeneem wat sy kort nadat sy in die hof verskyn het ontvang het. Die vrou sê sy wou eers die geld betaal maar het die hulp van ‘n prokureur en die Valke ingeroep. Die Valke het haar aangeraai om die oproep op te neem sodat dit met ander gevalle vergelyk kan word. Polisiewoordvoerder, Luitenant-kolonel Amanda van Wyk, sê hulle is bewus van hierdie slenter wat landwyd voorkom. Die swendelaars maak soms selfs video-oproepe om slagoffers te oortuig dat hulle werklik met 'n polisiebeampte praat. Sy moedig mense aan om nie persoonlike inligting aan sommer enige iemand te bevestig nie.

 
 
 

Comments


bottom of page