AfriForum bekommerd oor 'toename in gewelddadige plaasaanvalle'
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 18, 2025
- 1 min read
AfriForum het ‘n dringende vergadering met die minister van Polisie versoek nadat daar volgens dié burgerregteorganisasie ‘n toename in gewelddadige plaasaanvalle gedurende die feestyd was. SABC-nuus berig AfriForum sê sedert die aanvang van Desember tot nou was daar minstens 33 plaasaanvalle en sewe plaasmoorde. Die hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê hierdie tendens het landelike gemeenskappe toenemend kwesbaar gelaat en ernstige kommer oor veiligheid, voedselsekerheid en ekonomiese stabiliteit laat ontstaan. Hy sê hierdie aanvalle bedreig nie net menselewens nie, maar stel ook die toekoms van die land se landbousektor in gevaar. Broodryk sê AfriForum is daartoe verbind om saam met die polisie te werk om landelike veiligheid te versterk en te verseker dat hierdie gemeenskappe die beskerming ontvang wat hulle verdien.







Comments