top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum beskuldig die ANC vir SA se swak verhouding met die VSA

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 5, 2025
1 min read

Volgens die burgerregteorganisasie AfriForum pluk Suid-Afrika en sy mense nou die wrang vrugte van die ANC-leierskap in die regering se roekelose beleidsrigtings en tartende optrede teenoor die VSA. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die ANC-leiers het hul eie ideologie en belange sowel as dié van hul party bo die belange van die burgers van Suid-Afrika gestel. Dit is met verwysing na die tariewe wat die Amerikaanse president, Donald Trump, teen invoere vanuit Suid-Afrika ingestel het. Kriel sê die ANC is self verantwoordelik vir die swak verhouding tussen die twee lande en moet nie die blaam op burgerorganisasies verskuif nie.

 
 
 

Comments


bottom of page