top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum betwis bewerings oor grondbesitstatistieke

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Volgens die burgerregte-organisasie, AfriForum, is bewerings dat wit Suid-Afrikaners 72% van die grond besit, misleidend en word nie deur akkurate data ondersteun nie.


Die organisasie het die opmerkings gemaak by ‘n eiendomsregtekonferensie in Pretoria, waar hulle bevindinge oor grondbesit en grondhervormingsdebatte aangebied het.


Sprekers by die konferensie het ook kommer uitgespreek oor die regering se benaderings tot grondhervorming en ‘n beroep gedoen op ‘n meer bewysgebaseerde en minder rassistiese debat oor eiendomsregte in Suid-Afrika.


AfriForum se Ernst van Zyl sê openbare besprekings oor grond is dikwels gebaseer op gebrekkige of verouderde statistieke, insluitend die 2017-grondoudit.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page