AfriForum bevraagteken damtoegang-reëls
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 22
- 1 min read
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê ’n onlangse verduideliking oor voorgestelde damtoegangsregulasies skep meer vrae as antwoorde.
Volgens die groep het die Departement van Water en Sanitasie se terugvoer nie duidelikheid gebring oor of openbare toegang tot damme ’n reg bly, of staatsgoedkeuring sal vereis nie.
AfriForum het intussen sowat 60 bykomende vrae ingedien oor onder meer die regsbasis vir huurkontrakte en goedkeurings.
Die organisasie se verteenwoordiger, Marais de Vaal, waarsku dat teenstrydighede in die voorgestelde raamwerk openbare vertroue en bestaande toegangsregte kan ondermyn.
LUISTER HIER:
Marais de Vaald








Comments