top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum bied hulp aan die weermag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangebied om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by te staan met opleiding in praktiese veiligheidsoudits ná onlangse inbrake en wapendiefstal by militêre fasiliteite in Gauteng.


AfriForum sê dié oudits kan help om kwesbare punte te identifiseer en die risiko van toekomstige voorvalle te verminder.


Die organisasie se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as veiligheidsgebreke by strategiese militêre terreine.


Hy sê AfriForum vra vir ’n volledige ondersoek na moontlike sindikaatbetrokkenheid, asook beweerde interne samespanning wat met die voorvalle verband kan hou.


LUISTER HIER:

Jacques Broodryk (2)

Jacques Broodryk. FOTO: AfriForum
Jacques Broodryk. FOTO: AfriForum

 
 
 

Comments


bottom of page