Die dodetal na aardbewings in Venezuela styg tot bo 900
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 27
- 1 min read
Die dodetal van die opeenvolgende kragtige aardbewings wat Venezuela vroeër hierdie week getref het, het tot bo 900 gestyg.
Volgens die regering is ten minste 3 360 ander beseer.
Die tweede aardbewing, wat ‘n sterkte van sewe-komma-vyf aangeteken het, was een van die sterkste aardbewings wat die land in ‘n eeu getref het. Die hoof van die Nasionale Vergadering, Jorge Rodriguez, sê dat sowat 172 mense steeds glo onder die puin van ineengestorte geboue vasgekeer is.
BBC berig dat Venezuela 214 naskokke sedert die aanvanklike aardbewings aangeteken het.








Comments