top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum bly bekommerd oor omstrede Bela-wetgewing

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 3, 2024
1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum versoek die DA en die VF Plus om hul steun aan die regering van nasionale eenheid te heroorweeg sou die klousule oor taal- en toelatingsbeleid in die omstrede Bela-wet onveranderd bly. President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette verlede maand onderteken maar dié betrokke klousule terugverwys vir verdere bespreking. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die organisasie se versoek volg in reaksie op ʼn groep wat hulle beskryf as anti-Afrikaanse aktiviste binne die ANC. Kriel sê hulle is bekommerd oor amptenare binne die Gautengse regering en selfs in die nasionale Departement van Onderwys wat minagtend teenoor president Ramaphosa optree nadat hy die klousules terugverwys het. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page