top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum eis antwoorde oor Bfn se buitensporige tariefverhogings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 3
  • 1 min read

AfriForum het die Mangaung Metro Munisipaliteit in ‘n dringende skrywe tot verantwoording geroep oor sogenaamde buitensporige verhogings wat sedert die instelling van die 2026-’27-tariewe op sommige inwoners se munisipale rekeninge verskyn.


Netwerk24 berig AfriForum sê in ‘n verklaring sekere inwoners, veral dié op kleinhoewes, plase en die omliggende dele van Bloemfontein soos Bainsvlei, het verhogings van etlike 100 % aangemeld.


AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein, Christo Groenewald, sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners al hoe meer moet betaal, terwyl hulle self paaie moet onderhou, privaat vullisverwydering moet reël en alternatiewe oplossings vir water, elektrisiteit en ander basiese dienste moet finansier. Hy sê inwoners betaal dus twee keer vir dienste wat die metro behoort te lewer.


Die woordvoerder van die metro, Nicolette Maysiels, het nie op navrae gereageer nie.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page