top of page

AfriForum eis antwoorde oor die Vrystaatse ‘koning’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 28
  • 1 min read

AfriForum het ‘n dringende brief aan die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, geskryf waarin inligting vereis word oor die stappe wat die provinsie se regering geneem het teen die persoon wat homself ‘n koning noem.


AfriForum se Barend Uys sê verder in 'n mediaverklaring hulle het vasgestel dat die man wat homself as ‘n koning voordoen, Seka Moloi is – en dat verskeie hofsake teen hom hangende is.


Volgens Uys is dit onwettig om jouself as ‘n erkende tradisionele leier voor te doen wanneer dit nie die geval is nie, en ‘n persoon wat dit doen is skuldig aan ‘n oortreding.


LUISTER HIER:

Barend-Uys_AFR

Seka Moloi. FOTO: News24
Seka Moloi. FOTO: News24

Comments


bottom of page