AfriForum en Saai vra internasionaal om hulp om 'Kill the Boer' te beveg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 4
- 1 min read
AfriForum en die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) gaan hulle na die internasionale gemeenskap wend om die dreunsang van “Kill the Boer” te beveg.
Hulle sê dit is omdat die konstitusionele hof in praktyk die EFF-leier, Julius Malema, se aanhitsing tot geweld deur dié dreunsanglied gewettig het, terwyl president Cyril Ramaphosa steeds volstrek weier om dié bevordering van haat te veroordeel.
Volgens hulle dra die lied by tot verdeeldheid en polarisasie, wat die land nie kan bekostig nie.
Die uitvoerende hoof van Saai, Theo de Jager, sê hulle beveg die lied al meer as 13 jaar.
Netwerk24 berig die twee organisasies gaan lande versoek om geteikende sanksies teen Malema in te stel. Hulle het ook ’n gedetailleerde dossier saamgestel met ’n omvattende uiteensetting van onder meer "Malema se haatspraak, aanhitsing tot geweld, ernstige bewerings van korrupsie teen hom en voorbeelde van sy uitsprake ter ondersteuning van terreurorganisasies en terreurdade".





Comments