top of page

AfriForum en Solidariteit boikot die Nasionale Dialoog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 12, 2025
  • 1 min read

AfriForum en die Solidariteit Beweging het by nalatenskapstigtings aangesluit om die Nasionale Dialoog te boikot. Die dialoog se eerste Nasionale Konvensie sal Vrydag en Saterdag plaasvind maar die groepe sê die ANC het die dialoog gekaap. Nalatenskapstigtings, insluitend die Thabo Mbeki-, die Desmond- en Leah Tutu-, en die Steve Biko-stigting, het ook verlede week aan die konvensie onttrek. Solidariteit se voorsitter, Flip Buys, sê die ANC wil die dialoog kaap om verlore steun terug te wen.

 
 
 

Comments


bottom of page