top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum gaan hof toe oor die Onteieningswet

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3
1 min read

AfriForum se hofaansoek teen dele van Suid-Afrika se Onteieningswet begin Maandag in die Hooggeregshof in Kaapstad.


Die organisasie wil hê dat bepalings wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, ongrondwetlik verklaar moet word.


Die Instituut vir Rasseverhoudinge se regsafdeling het as mede-applikant tot die saak toegetree, terwyl die EFF en die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling as respondente toegelaat wil word.


Afsonderlike hofaansoeke deur die DA en die Vaderlandstigting word saam met dié saak aangehoor.


AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die wet bots met eiendomsregte in die Grondwet.


Kallie Kriel. FOTO: AfriForum
Kallie Kriel. FOTO: AfriForum

 
 
 

Comments


bottom of page