AfriForum gaan internasionaal baklei oor 'Kill the Boer'

AfriForum gaan sy regstryd teen die omstrede “Kill the Boer”-dreunsang nou internasionaal voortsit. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof die burgerregteorganisasie se appèl teen vorige uitsprake – wat die gewraakte dreunsang gewettig het – van die hand gewys het. Maroela Media berig dit is volgens AfriForum nou duidelik dat alle plaaslike regstappe uitgeput is. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, het gesê druk op internasionale vlak is die volgende loegiese stap, siende dat dit – volgens hom – duidelik dat nie die Grondwet óf die Konstitusionele Hof Afrikaners se menseregte in beskerming neem. Die omstrede dreunsang het hierdie week internasionaal opspraak gewek, met die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, wat op X skryf dat “Kill the Boer” geweld aanhits, en dat Suid-Afrika se leiers en politici verantwoordelikheid moet neem om Afrikaners en ander benadeelde minderhede te beskerm.








Comments