AfriForum gekwel oor weermagopleiding van verkeersbeamptes
- Armando Pieters

- May 19
- 1 min read
AfriForum is bekommerd oor die militarisering van verkeersdienste in Bloemfontein. Volgens Maroela Media het die organisasie se woordvoerder, Jacques Broodryk, met die Mangaung Metro Munisipaliteit se waarnemende munisipale bestuurder, Tebogo Motlashuping, vergader om sy kommer te deel. Broodryk meen die plan kan die verhouding tussen beamptes en die publiek versuur. Die militêre opleiding is deel van ’n nuwe vennootskap tussen die munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Dit bepaal dat verkeersbeamptes dissipline- en seremoniële opleiding sal ontvang. Broodryk sê verkeersbeamptes is nie soldate nie, en dat dié soort opleiding nie in lyn is met diens aan die gemeenskap nie. LUISTER HIER:





Comments