AfriForum is nie beïndruk met Ramaphosa se kritiek nie

May 15, 2025
1 min read
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, veroordeel president Cyril Ramaphosa se fel kritiek teen die groep Afrikaners wat as vlugtelinge na die VSA verhuis het. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê dit is juis die president se besluite en optrede wat ernstige vervreemding onder baie Afrikaners en ander minderheidsgroepe in die land tot gevolg het. Kriel sê vlugtelinge hardloop nie weg nie, hulle word verjaag. Intussen berig SABC News Ramaphosa sal van 19 tot 22 Mei 'n werksbesoek aan die Verenigde State van Amerika onderneem. Hy sal na verwagting met sy Amerikaanse eweknie, president Donald Trump, by die Withuis vergader om bilaterale, streeks- en wêreldkwessies van belang te bespreek.








Comments