AfriForum is reg vir baklei oor Graaff-Reinet se naam
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 21
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie AfriForum maak gereed om die naamsverandering van Graaff-Reinet na Robert Sobukwe-dorp in die hof teen te staan.
Dit kom nadat die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, en die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad aangedui het dat hulle Afriforum se aansoek, wat reeds in Mei vanjaar by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is, gaan teenstaan.
Die hofgeding volg op McKenzie se staatskoerant-aankondiging in Februarie van die naamsverandering.
Maroela Media berig die voorsitter van AfriForum se Graaff-Reinet-tak, Johann Harmse, sê inwoners het reeds aangedui hoe sterk hulle teen enige verandering gekant is.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder AfriForum se regspan wag nou op die respondente se hofstukke en ’n hofdatum.
LUISTER HIER:








Comments