AfriForum is sterk gekant teen die afskaf van private grondbesit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 29, 2025
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie AfriForum het skerp standpunt ingeneem teen die MK-party se LP, Mzwanele Manyi, se voorgestelde grondwetwysiging wat private grondbesit sal afskaf.
Die voorgestelde wetsontwerp wil die staat as voog van alle grond en natuurlike hulpbronne aanwys.
Volgens AfriForum sou dit veroorsaak dat kultuurgemeenskappe en tradisionele leiers bloot permanente huurders op hul eie grond is, en internasionale reg skend.
Die hoof van interkulturele verhoudings en samewerking by AfriForum, Barend Uys, sê AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om titelaktes vir hul grond te bekom. Hy waarsku dat die plan beleggersvertroue kan vernietig en ’n ekonomiese ramp veroorsaak.
LUISTER:






Comments