top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum keer vermeende Wilgehof-inbreker aan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 1, 2025
1 min read

‘n AfrForum911 reaksie-eenheid in Bloemfontein het vroeg Dinsdagoggend ‘n vermeende inbreker aangekeer nadat die eenheid op ‘n poging tot huisbraak in Maraisstraat in Wilgehof gereageer het. Luidens ‘n plasing op AfriForum se sosiale media het die eenheid inligting van ‘n rooi voertuig wat die area verlaat en ‘n persoon wat oor ‘n muur gespring het ontvang. Na ‘n deeglike ondersoek is die verdagte ‘n paar huise verder opgemerk waar hy deur ‘n AfriForum911 offisier en Fidelity ADT aangekeer en ondervra is. Die verdagte is later deur die huiseienaar geïdentifiseer. Volgens AfriForum is die verdagte deur die polisie in hegtenis geneem en die saak word verder ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page