top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum kritiseer die regering oor landelike geweld

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die regering versuim steeds om die erns van landelike geweld te erken.


Dit is volgens die burgerregte-organisasie AfriForum nadat tien plaasaanvalle en verwante gewelddadige voorvalle gedurende Mei aangemeld is.


Volgens die organisasie is verskeie slagoffers gedurende die maand aangerand, vasgebind, geskiet of ernstig beseer.


AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê die vlak van geweld bly kommerwekkend hoog en dat landelike gemeenskappe steeds onder ernstige veiligheidsbedreigings leef.


Jacques Broodryk. FOTO: AfriForum
Jacques Broodryk. FOTO: AfriForum

 
 
 

Comments


bottom of page