top of page

Afriforum meen die Tenbosch Mining-omgewingsimpakstudie is steeds gebrekkig

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 21
  • 1 min read

AfriForum sê die derde weergawe van die omgewingsimpakstudie vir Tenbosch Mining se voorgestelde steenkoolmyn naby die Krugerwildtuin is steeds gebrekkig en nie volgens wetgewing opgestel nie. Die organisasie voer aan dat die studie ou regulasies aanhaal, teenstrydighede bevat en sonder nodige spesialisverslae ingedien is. Ook is registrasienommers van die betrokke kundiges nie vermeld nie. AfriForum meen die projek bedreig toerisme en landbou in die streek en hou vol dat die aansoek onttrek moet word. AfriForum se bestuurder van Omgewingsake, Lambert de Klerk sê dit is gereed om hof toe te gaan indien die myn goedgekeur word.

 
 
 

Comments


bottom of page