top of page

AfriForum oorhandig hulle Malema-dossier aan die Withuis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 25
  • 1 min read

As deel van die burgerregteorganisasie, AfriForum, se opvolgbesoek aan die VSA, het hulle saam met Solidariteit senior amptenare van die Trump-administrasie ontmoet.


Die organisasies het hulle Malema-dossier oorhandig, wat Julius Malema se beweerde aanhitsing tot geweld, korrupsieskakels en steun aan terreurgroepe uitlig.


Die organisasie het ook kommer oor onteiening sonder vergoeding en plaasaanvalle bespreek.


Die hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, verwelkom die jongste verslag van die Amerikaanse Staatsdepartement oor plaasmoorde en die Kill the Boer-dreunsang en sê hulle sal internasionale druk verhoog om Malema aanspreeklik te hou.


Ernst van Zyl. FOTO: Facebook
Ernst van Zyl. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page