AfriForum open ’n veiligheidsentrum in Langenhovenpark

Apr 4, 2025
1 min read
AfriForum het hul gemeenskapsveiligheidsentrum in Langenhovenpark, Bloemfontein amptelik geopen. Die organisasie se leier, Kallie Kriel, het Donderdagaand rolspelers soos die polisie, buurtwagte en mediese dienste wat die funksie bygewoon het, verwelkom en op ’n toer deur die sentrum, insluitend hul beheerkamer geneem. LUISTER HIER: Die sentrum is daarop gemik om bestaande veiligheidsinisiatiewe te ondersteun. Die doel van die inisiatief is om gemeenskapsveiligheid en misdaadvoorkoming in dié metro te verbeter.








Comments