top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum-petisie teen Bela-wetsontwerp kry momentum

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 20, 2024
1 min read

Die burgerregte organisasie AfriForum se petisie teen die nuwe Bela-wetsontwerp, “Stop Bela”, is al deur meer as 200-duisend mense onderteken. Maroela Media berig Alana Bailey, AfriFrum se hoof van kultuursake, sê dit is egter duidelik dat lede van die publiek baie ernstig teen die wet se aanslag teen Afrikaanse skole en kinders is. Nadat AfriForum en Solidariteit in gesprek was met President Cyril Ramaphosa is ‘n deurbraak behaal toe die president tydens ondertekening van die wet aangekondig het dat Artikels- 4 en 5 van die wet - wat verband hou met skole se toelatings- en taalbeleid eers agterweë gehou sal word - vir verdere gesprekvoering. AfriForum beklemtoon dat die sukses ‘n bewys is dat openbare druk sukses kan behaal.

 
 
 

Comments


bottom of page