AfriForum rus jong Bloemfonteiners met lewensreddende vaardighede toe

Omvattende selfverdeging- en noodhulpopleiding is aan sowat 70 kinders van die Engo Jeugsorg aangebied.
Luidens ‘n mediaverklaring is die inistiatief van die AfriForum-tak in Bloemfontein se jeug en hul plaaslike protospan, daarop gemik om jongmense met praktiese, lewensreddende vaardighede toe te rus.
Ook stel dit hulle in staat om reg en selfversekerd op te tree wanneer ‘n noodsituasie ontstaan.
Gegewe die misdaadsituasie in die land sê AfriForum Jeug se beampte vir Strukture, Wikus van der Walt, is die soort programme van kritieke belang.
Hy voeg by dit is noodsaaklik dat die jeug oor die nodige vaardighede beskik om hulself te verdedig.
Die inisiatief skep ook groter bewustheid oor persoonlike veiligheid onder jongmense.









Comments