top of page

AfriForum se hoogverraad-klagte word steeds ondersoek

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Sep 29
  • 1 min read

Die klagte van hoogverraad teen lede en die leierskap van AfriForum en Solidariteit word steeds ondersoek.


So sê die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die EFF, wat onder andere die klagte teen die twee organisasies aanhangig gemaak het.


Die klagte hou verband met hulle besoek aan die VSA voordat ʼn amptelike afvaardiging van die regering die Withuis besoek het.


Volgens Cachalia word die sake deur ʼn ervare span ondersoek wat spesifiek gemoeid is met misdade teen die staat.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page