top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum se nuwe verslag toon die erns van rassebeleide

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 19, 2025
  • 1 min read

Die burgerorganisasie AfriForum sê sy nuwe sogenaamde “Die wêreld moet weet”- verslag toon die erns van rassebeleide in Suid-Afrika en hoe minderheidsgroepe se regte geskend word.


Die organisasie het ook ’n internasionale skakelveldtog aangekondig om die verslag met invloedryke leiers in die Europese Unie en later by die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies te deel.


Volgens AfriForum se Ernst van Zyl dokumenteer die verslag diskriminasie, die bedreiging van eiendomsreg en aanvalle op taal- en kultuurerfenis. Die verslag word ook aan G20-ambassades oorhandig tydens hierdie jaar se beraad.


LUISTER:



FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page