top of page

AfriForum sleep die metro hof toe oor vullisverwydering

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 4
  • 1 min read

AfriForum se tak in Bloemfontein het regstappe van stapel gestuur teen die Mangaung-metro weens sy “volgehoue versuim” om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer, asook die weiering om aansoeke vir kwytskelding van dié diens te oorweeg.


Netwerk24 berig dit kom nadat talle inwoners, met AfriForum se ondersteuning, aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder private diensverskaffers te gebruik.


Volgens AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, Christo Groenewald, het hulle die hof versoek om in die belang van inwoners op te tree met betrekking tot hul reg om self te besluit oor die dienste waarvoor hulle betaal, veral in gevalle waar die munisipaliteit nie dié dienste lewer nie.


Hy sê niemand behoort vir ’n diens te betaal wat eenvoudig nie bestaan nie.


Die stadsbestuurder, Sello More, het nie kommentaar gelewer nie.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page