top of page

AfriForum verwyder honderde sakke vullis in Bloemfontein

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 10
  • 1 min read

AfriForum se vullisverwyderingspan in Bloemfontein het binne twee dae meer as 900 sakke vullis in die stad verwyder. Luidens ‘n mediaverklaring volg die verwydering op die Mangaung Metro Munisipaliteit se twee weke lange agterstand en swak dienslewering wat glo daartoe gelei het dat strate in talle woonbuurte deur rommel ontsier is. AfriForum het in Augustus alleen nagenoeg 40 ton vullis verwyder en volgens hul distrikskoördineerder vir Bloemfontein, Christo Groenewald, is die ingryping meer as net ‘n opruimingsaksie, dit is ‘n werklike poging om Bloemfontein vir al sy inwoners te verbeter. Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, het in ‘n kennisgewing gesê die munisipaliteit het die skedulering van afvalversamelings verbeter en dat bykomende vragmotors en gekontrakteerde diensverskaffers ontplooi word.

 
 
 

Comments


bottom of page