AfriForum soek antwoorde oor die polisiediens se reservisteprogram
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 19
- 1 min read
AfriForum kritiseer die Suid-Afrikaanse Polisiediens omdat dit nie inligting verskaf oor die stand van sy reservisteprogram en planne om nuwe reserviste op te lei nie. Die organisasie sê hy het meer as ’n jaar gelede ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting besonderhede aangevra, maar nog nie voldoende antwoorde ontvang nie.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se jaarverslae het die aantal aktiewe reserviste van meer as 52 000 in die 2011-'12-boekjaar tot minder as 3 300 in die 2024-'25-boekjaar afgeneem.
Volgens AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, is dit onaanvaarbaar dat die polisie ongewillig is om deursigtig te wees oor ’n program wat juis ontwerp is om ’n oorbelaste polisiediens te versterk.
LUISTER HIER:








Comments