top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum stuit 'n geheime ooreenkoms tussen Nersa en Eskom

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 8, 2025
  • 1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) en Eskom se plan om ’n geheime skikking in die Hooggeregshof in Pretoria te laat bekragtig, voorlopig gestuit.


Die ooreenkoms sou kragtariewe oor drie jaar met nege persent per jaar verhoog.


Eskom het nou ingestem dat AfriForum en ander belanghebbendes tot die saak kan toetree.


AfriForum se raadgewer vir plaaslikeregeringsake, Deidré Steffens, beskryf die skikking as onregmatig en ondeursigtig, en sê die publiek behoort inspraak te hê in besluite wat hul sak raak.


Ter illustrasie. FOTO: BizNews
Ter illustrasie. FOTO: BizNews


 
 
 

Comments


bottom of page