top of page

AfriForum sê hy sal stry teen die verwydering van Afrikaner-standbeelde

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 23
  • 1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle sal alles in die stryd werp teen die EFF se veldtog om Afrikaner-standbeelde en -gedenktekens te verwyder.

Dit volg nadat die EFF-hoofsweep, Nontando Nolutshungu, ’n mosie in die parlement ingedien het vir die vestiging van ’n ad hoc-komitee om wat hulle beskryf as apartheidera-simbole te ondersoek.

Nolutshungu het standbeelde van generaal Louis Botha, Paul Kruger en Jan van Riebeeck, asook die Voortrekkermonument, as simbole van koloniale verowering en wit oppergesag beskryf.

Die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, waarsku dat die verwydering van sulke erfenis ’n direkte aanval op Afrikaner-identiteit is.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page