top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum van hoogverraad aangekla

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 11, 2025
1 min read

Die uMkhonto weSizwe-party (MK-party) het ’n hoogverraadklagte teen AfriForum by die Kaapstadse sentrale polisiekantoor ingedien.

Central News berig die party beweer AfriForum het misleidende inligting aan VSA-president Donald Trump verskaf oor Suid-Afrika se grondhervormingsbeleide, wat glo sy onlangse besluite oor die land beïnvloed het.

AfriForum het die bewerings verwerp en beklemtoon dat dit sy reg is om kommer oor die Onteieningswet uit te spreek.

 
 
 

Comments


bottom of page