top of page

AfriForum vat die Mangaung Metro Munisipaliteit hof toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 1
  • 1 min read

AfriForum se Bloemfontein-tak het hofstukke op die Mangaung Metro Munisipaliteit beteken.


Dit aangesien die metro volgens hulle versuim om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer.


Asook dat hulle glo weier om aansoeke vir kwytskelding van die dié diens te oorweeg.


Luidens ‘n mediaverklaring volg die regstappe nadat talle inwoners aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder van privaat diensverskaffers gebruik te maak.  


AfriForum het die hof versoek om in die belang van inwoners op te tree met betrekking tot hul reg om self te besluit oor die dienste waarvoor hulle betaal.


Hulle distrikskoördineerder in Bloemfontein, Christo Groenewald, sê die hofaksie is ‘n stap om die beginsel van verantwoordbaarheid te herstel.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page