top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum vat Nersa weer hof toe oor Eskom

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 hours ago
  • 1 min read

AfriForum is weer op pad hof toe om Nersa se herberekening oor Eskom te laat hersien en tersyde te stel.


Die energiereguleerder sal moet verduidelik waarom hy in Februarie weer besluit het om Eskom ’n bykomende R54 miljard aan inkomste toe te staan, en kragtariewe te verhoog om dié geld in te vorder.


Maroela Media berig dit volg nadat Nersa versuim het om die redes vir sy besluit te publiseer, soos die wet vereis. Dit moes binne 90 dae gebeur, wat volgens AfriForum op 10 Junie verstryk het.


Die burgerregteorganisasie sê dit kom voor of redes wat oortuigend moet klink moontlik agterna geformuleer word soos die behoefte ontstaan, eerder as dat dit ten tyde van die herberekeningsbesluit geformuleer is.


Die organisasie vra dat die saak op 14 Julie aangehoor word.


FOTO: X
FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page