top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum verleen bystand by ‘n motorongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 7, 2025
  • 1 min read

Verskeie rolspelers het ingespring nadat ʼn AfriForum Buurtwaglid dringend hulp by ‘n motorongeluk versoek het. Die lid het ‘n boodskap op ʼn WhatsApp-noodgroep gestuur en die AfriForum GVS Beheerkamer in Bloemfontein het nodige owerhede vir bystand geaktiveer. Volgens Arrive Alive was sommige van die 11 mense in hul voertuie vasgekeer. Al 11 is gestabiliseer en na verskeie hospitale vervoer. Terwyl noodhulppersoneel op die botsingstoneel besig was, het paramedici van Life Rosepark-hospitaal se Life EMS op nog twee mediese oproepe in die area gereageer. Hulle het 'n vrou wat kort van asem was en 'n ander vrou met hartprobleme by 'n dokterspraktyk bygestaan. Albei is na die hospitaal vir verdere mediese aandag vervoer .

 
 
 

Comments


bottom of page