AfriForum verwelkom Afr TV-nuus terug op sy oorspronklike tyd
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, verwelkom die SABC se besluit om Afrikaanse televisienuus terug te skuif na sy oorspronklike tydgleuf op SABC2 om 18:30 elke aand.
Die organisasie sê die skuif, na twee jaar van skeduleveranderinge en kansellasies, bevestig dat vroeëre waarskuwings oor die verlies aan kykers en advertensie-inkomste geregverdig was.
AfriForum se Alana Bailey sê baie kykers het hulle reeds elders vir nuus en vermaak gewend, en bevraagteken waarom niemand aanspreeklik gehou is vir die skade wat veroorsaak is nie. Sy voeg by dat die openbare uitsaaier ‘n plig het om Afrikaanssprekende gehore behoorlik te bedien.
LUISTER:
Alana Bailey







Comments